Tuesday, September 28, 2010

EGIPTIESE VOLKSDANSE DEUR LINDIE LILA



                                 Foto deur-  http://www.faridafahmy.com/articles.html


Een van die mees bekendste danse uit Egipte is die "Baladi".  Die woord beteken “van die plaas/kontrei”.  Met  industrialisasie in die 1920 het plaas boere na die stad Cairo verhuis om werk te soek, “baladi” is m.a.w. verstedelike “folklore”  


Woorde soos “Bint al Balad”  kom dikwels voor onder dansers en die lirieke van Egiptiese musiek, en dit beteken “Meisie van die plaas”.   Vandag is die “Baladi” steeds aards maar meer verfynd, en die term word ook gebruik as 'n omvatting van die volks danse en ritmes.  Daar is ook 'n term genaamd  “Fellaha” wat beteken "plaasmeisie", en dit is ‘n feestige dans wat gedans word by troues.   Die Egiptiese volks danse is vandag spring lewendig, onwikkeld en steeds besig om soos ‘n veld brand te verspei reg oor die wereld.  Dit het amper uitgesterf deur verstedeliking en politieke omwentelinge maar is weer suksesvol gepreserveer.  Die dans styl is ook bekend as “Belly dans” en word direk vertaal na Buikdans in Afrikaans. 

So drie jaar gelede het informasie van die Egiptiese Volks dans style oor die internet begin vlam vat, en dans instrukteurs uit Egipte het self hier in ons land hul etniese dans style met ons kom deel. Dit is nou veel meer toeganklik vir Suid-Afrikaners om die danstyle te leer en te verken.  Deur my studies en opleiding van die dans styl het ek onmiddelik aanklank gevind met dit, en ‘n passie vir die dans styl ontwikkel.  



Leopold Schmutzler, Farm Girls Returning From the Fields,






featured in the Great German Art Exhibit, 1937

Die rede hiervoor is my voorouers is ook van die plase, en ek kon die aardsheid, eenvoud en gemaklikhied van die danstyl baie vinning aanneem.  Die dans het ‘n vol en ryk karakter en ek kan nie help om die Afrikaanse plaas meisie van destyds in die dans raak te sien nie.   My ma is a volbloed plaas meisie en haar ouers was volbloed plaasboere en hulle ouers volbloed voortrekkers.  Ek kon met die begewings die grond onder my voete hoor praat soos die plaas mense sou praat, die rooi grond van my voorouers, en ek kon die meisies sien in hul eenvoudige traditionele rokke in die velde werk en plant, en in die kombuise staan en kook, en ek kon sien hoe hul mekaar se hare kam, en vir mekaar dans.  In hul traditionele "Galabaya" en "Baladi"rokke, wat tot op hul tone hang kon ek my voormoeders sien in hul voortrekker rokke met voorskote, en kop doeke.  Net soos die vrouens van die Noorde, in hul harem broeke kon ek die bloomers sien en die onderrokke en die onskuldigheid van die vrou van gister.  In die heup serpe en borduur werk sien ek my ouma,  en in die muntstukke wat vasgewerk is aan die meer moderne heupserpe, sien ek ‘n simbool van die eeue oue Horus, die oog van Egipte, wat vir ons loer en vir ons stories wil vertel. Dit laat my bloed kook van opgewondenheid en ek wonder of ek miskien  kaalvoet  kan dans vir die bevryding van my voormoeders.  Miskien kan ek die konserwatisme en verkramptgeid los dans, en hul weer erkenning gee vir hul eenvoud en skoonheid.  Vir hul lig bring soos Florence die Nagtegaal, vir hul opstaan soos Joan of Arc, vir hul dans soos net 'n aardse plaas meisie..kaalvoet en trots.  




Gaan kuier gerus op die webwerf  
http://www.sphinxfestival.com/ 
Vir Egiptese volk dans klasse,  werkswinkels en optredes kontak
www.capetownbellydanser.com 
Indien enige iemand wil betrokke raak by die preserverings en herlewings projek van Suid-Afrikaanse Volks danse kontak my te lindielila@gmail.com 

VROUE HELDE VAN SUID AFRIKA

Op 15 Mei 1901 het Emily Hobhouse Springfontein in die Suid-Vrystaat besoek. In die konsentrasiekamp aldaar was reeds 3000 vroue in die bittere koue. Sy skryf:
Die mense wat daar saamgehok was, het geen tente gehad nie. Sommiges het onder die treintrokke ingekruip en ander het stukkies seil by die Tommies gebedel. Hulle het 'n paar stokke in die grond gesteek en die seil daaroor gegooi, om noodskuiling te maak waarbinne 'n mens nie kon regop staan nie.Ek is na een van die skuilings geroep om na 'n siek kind te kyk. Die moeder het op 'n kissie gesit met die kind op haar skoot. Sy het niks gehad om vir die kind te gee nie en dit was duidelik dat die kind se toestand vinnig verswak het.Ek het iemand na die opsigter van die kamp, 'n myl daarvandaan, gestuur om hom iets vir die siek kind te vra, maar hy het laat weet dat hy net vir die kamp voorraad lewer.Daar was niks wat ons kon doen nie. In eerbiedige stilte moes ons toesien hoe die kind sterf.Die moeder het nie beweeg of getreur nie.Dit was haar enigste kind. Sonder trane en doodsbleek het sy daar gesit.Sy het nie na die kind gekyk nie, maar na die dieptes van smart wat verder was as alle trane. 'n Vriendin, wat agter haar gestaan het, het die Here aangeroep om hierdie tragedie te aanskou, terwyl ander vroue om haar op die grond troosteloos gehuil het.Hierdie toneel het 'n onuitwisbare indruk op my gemaak. Dit was asof al die elemente van tragedie in hierdie land saamgevloei het onder daardie stukkie flenterseil wat nie die son, wind of reën kon keer nie!Jare later, toe mnr Van Wouw (Anton van Wouw, wat ook die Oorlogsmonument ontwerp het) Rome toe gekom het om die opdrag uit te voer, het ek hom vertel van die toneel wat vir my die uitbeelding en kern van die tragedie was: Gebroke vroue en 'n sterwende kind.
Lees meer op http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?3930-So-het-die-beeldegroep-by-die-Vrouemonument-tot-stand-gekom


Ek soek nog stories van vroue in die konsentrasie kampe, waar kan ek dit kry?

Ek dink ek moet dir vrouemonument gaan besoek in Bloemfontein.




http://www.erroluys.com/BoerWarChildsStory.htm

http://hubpages.com/hub/emily-hobhouse-a-remarkable-woman

Sunday, September 26, 2010

Suid Afrikaanse Volksdanse

Kyk net hoe oulik was ons voorsate, ek het nie geweet Volkspele was so groot nie, en dat mense dit op so groot skaal gedans het nie!!  Dis 'n uitdaging vir my die! Ek gaan 10 Volkdanse leer en dit dan opkikker en 'n Cd opneem en al die bewegings op die blog sit en dan gaan ek dit vir 100 mense leer en hulle vir nog 100 tot ons weer 3000 mense het sodat ons weer ons eie Suid-Afrikaanse Volksdanse kan doen!  En glo my dit gaan nie styf en outyds wees nie, ek is nie verniet 'n buikdanseresnie!  O gonna nou is ek in vir 'n ding!!

Die jong volk se kultuur is dinamies, dit groei en pas aan by die tyd.  Volksmusiek is ‘n stuk volkskutruur wat ook groei en aanpas” Anton Hartman, voorsitter Fak-Musiekkomitee 1979.  

In 1949 vorm 2000 volkspelers 'n tablo van die kakebeenwa, by die geleentheid van die Inwydingsfees van die Voortrekker monument te Pretoria  
In 1952 is daar 'n massa vertoning deur 3000 volkspelers tydens die Van Riebeeck-fees te Kaapstd


Dit se vir my dat Volkspele kultuur le diep in ons wortels en dat ons voorouers lief was vir musiek en dans. Dit is 'n wonderwerk om te dink dat die Afrikaner in so groot maat sal deelneem aan Sang en dans.  
  So begin die grootste avontuur van my lewe, die reistog terug in tyd, terug in die geskeidenis van ons Afrikaanse kultuur, en hoe ek ‘n roeping gehoor  het uit die grafte van my voorsate om ondersoek intestel en uit te vind, wat het met die Afrikaner kultuur gebeur dat die Volkspele uitgesterf het, en dat die groot gros Afrikaner stam meestal vandag verkies om musiek vertonings te kyk en luister eerder as om deel te neem.  Die enigste dans wat vandag as ons eie Suid Afrikaanse dans gesien kan word is die Sokkie.  Maar wat dan van al die sirkel danse en gesingery wat saam met mekaar gepaard gegaan het.  
  Dit is nou vir my 'n persoonlike doel om uit te vind wat het skeef geloop met ons kultuur danse?  In my hart voel ek 'n diep roeping om 'n nuwe Afrikaner dans op te roep, om die Volkspele weer met 'n vars uitkyk en aanslag aantepak.   

En so begin ek toe nou rondsnuffel en google.  Tot my verbasing vind ek klomp informasie op die internet en ook in my eie huis.  Min het ek geweet toe ek 3 jaar terug in ons hout huisie by Gordons Baai in trek dat die ou boek, wat my suster hoog bo in die kas ontdek het,  is een van die eerste weergawes van die FAK-Sangbundel.  Dit is eers toe ek die week begin navorsing doen het oor Volkspele dat ek die boek deurgeblaai het en op die volgende afkom.   In my soeke na die kultuur , stories en lewens styl van my voorvaders, bied die Volksangbundel vir my interresante leidrade terug in ‘n tydperk in wat ek nie ken vandag nie. 

In die inleiding het die volgende veral my aandag getrek:
“Drie wense vergesel hierdie bundel
1.     Dat die liedere tot veruiming en veredeling van die lewe en tot waardering van al wat skoon is, mag bydra
2.     Dat hulle sal help om die gevoel van samehorigheid onder die Afrikanerste versterk te versterk, juis daarom is sowat 275 van die liedjies vir saamsing bereken:
3.     dat ons in die toekom in skool, huis en vereniging, by samekomste, funksies en feeste ‘n uitgebreider gebruik van ons eie liedere sal maak en dat oor die algemeen veel meer en met ‘n opgewekter sanglus gesing sal word, want in die verlede, het ons Afrikaners veels te min en met genoeg geesdrig gesing nie”

Dit is duidelik dat daar baie energie en tyd in gesit is deur ons voorouers om die Afrkaanse kultuur te ontwikkel en om ook die Afrikaner aan temoedig om te sing en te dans

Die 1ste FAK Sangbundel was ‘n opvolger van dr. N.Mansvelt se Hollans-afrikaanse Liederbundel as ook Mev. Joan van Niekerk se Afrikaanse-Hollandse Liederbundel wat in 1907 en 1927 verskyn het.  Dit is weer in 1961 hersien en weer in 1979. 

“Die Transvalers is plesierig dit kan jy my glo
hulle hou graag partytjies en dan maak hulle so
eers draai nou die ou vroutjie en dan draai haar ou man
hy vat haar om die lyfie en dan draai hul mooi saam” Gutche

Vandag is die lied bekend as Afrikaners is plesierig en die lirieke is aangepas vir die nuwe Afrikaner.  In die 1ste uitgawe het dit onder die inhoud as PIEKNIEK-LIEDJIES verskyn. 
Piekniek-liedjies, nou wat is peikniek liedjies?  Herhinner my tog om uit tevind.  Dis vir my ook baie fasinerend as Egiptiese volksdanseres om te ontdek dat van die liedere in die 1ste Fak -sagbundel uitgawe het aanwysings vir bewegins wat saam met die volks musiek gepaard gaan.

Hier volg die choreografie vir die lied Die Transvalers is Plesierig net soos dit in die Sanbundel verskyn: 
“By verse en gee die spellers mekaar die hande en dans almal in ‘n kring rond; aan die end moet almal die gebaar namaak wat in die kring staande leier namaak. 
By vers twee dans-terwyl almal sing-slegs die tevore gekose vroutjies en ou mans in die middle kring
Nou word vers 1 herhaal, maar met ‘n ander gebaar aan die end
Dan word vers 2 herhaal en ander paartjies kry hulle kans.  Weer vers 1, ens
Dit gee baie prêt as van die ouer mense oorgehaal kan word om ‘n slag in die middle van dei kring deel te neem”

Vandag gaan die lirieke van dieselfde lied so:
“Afrikaners is plesierig dit kan jy my glo
Hulle hou van partytjies en dan maak hulle so
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man
En hy vat om haar lyfie en dan draai hulle saam
Goeie nag my ou vroutjie Goeie nag my ou man
Oor ‘n week ‘n partytjie en dan draai ons weer saam.” Gutche Fak-Sangbundel 1979   

Ek het nou net een vraag?  Wat het geword van die Volkspele en die dans aanwysings wat nog te siene was in die Fak-sangbundel van 1937 maar nie meer in vandag se weergawe nie?  Hoekom het die Afrikaner ophou dans en deelneem aan Volkspele?
Hoe beinvloed dit ons kultuur vandag?    
Kan enige iemand vir my Volkdanse leer dans?  ek is 'n profesionele buikdanser en is seker ek kan weer lewe gee aan die danse?

GEE MY 'N VOLKSDANS EN EK DANS DIT!

Bronne: 
F.a.k Volksanbundel vir Suid-Afrika 1937
Fak-Sanbundel 1979
Wikipedia encyclopedia  http://wapedia.mobi/af/Volkspele 


IN MY VOLGENDE HOOFSTUK STEL EK ONDERSOEK IN DEUR TE KYK NA DIE MUSIEK, POLITIEK, EN EKONOMIESE GESKEIDENIS VANAF 1937 TOT EN MET 1979.   

Sunday, September 19, 2010

Uit die Rooi Grond van Witpoort

Uit die rooi grond van Witpoort roep ons uit
na die wat kan hoor
diep uit die grafte staan ons beendere op
en ruk skud 'n steurende ritmeS
soos begeesterde ou kruie dokters
die stof dans op 'n hipnotiese melodie van gister
en die ou windmeul naby die hek staan dood stil 
en kreun en huil peinsend saam met die wind
en ek hoor hoe die ou bloekom bome vergete stories vir my begin fluister

die grond wil praat suster Sarah, kan jy hoor suster
die volk wil praat, hardop uitskel as dit moet
oor die onvertelde stories, die konsentrasie kampe, die oorlog, die sout van die aarde

my ouma wys na die aartappels wat nog sterk groei daar in haar agter tuin
waar sy nou rond dwaal tot in ewigheid of tot sy verlos word
kyk hoe mooi is die rooi perskes die jaar Lindie
vat 'n mandjie en gaan pluk vir jou soveel aarbeie soos jy wil en moerbeie
ja gaan speel daar by tant Hannie se moerbui boom
se sy terwyl sy 'n traantjie pik
o ons was lief vir die stukkie grond my kind
kyk die granate, daar is 100
het hul getel vanoggend voor ek eiers gaan uithaal het
die vrug van die godin
as sy ons honger mage net kon voed
Verewig
ag my kind ouma wens sy het meer gepraat 
jy moet nou maar vir ons praat
ouma wens sy was nie doofstom nie
vertel alles ons wil alles vertel

kyk ouma se kind, die boomgom plak die legkaart aanmekaar
net soos toe julle kinders prente met dit geplak het
luister my kind, die mielies sing
"Ons is dors, bring tog net 'n bietjie reen"
ek stap elke dag deur die mielie land daar na oom Fiel se plaas
verby die modderhuisie van die volk en die hond op 'n ketting
maar hys nie meer daar nie
ek en oupa sit ure al met seer oe, die hek en dophou
maar die familie kom nie meer elke jaar nie
ons is vergete, ons is vergete

uit die mond van die Voormoeders
Lindie Lila Venter Erasmus Buitendag, Kruger
kleinkind van Carolina Hendrika van Witpoort










Saturday, September 18, 2010

Ons sal nooit weer in Kampe gesit word nie!

Diep loop die trauma van die konsentrasie kamp vrou van gister deur ons bloedlyn?  Die storie is nou net 'n stories in ons geskiedenis, maar hoe het die trauma van die Britse konsentrasie kampe, die Afrikaner vrou se psige in die lang termyn beinvloed.  

Hoe vernederend, afbrekend en siels dodend was die hele gebeurtenis nie vir die Afrikaner nasie nie.  Hoe speel dit nogsteeds 'n rol in ons lewens?  Het die Afrikaner vrou ooit rerig tot haar verhaling gekom?  

Ons voorouers se bloed vloei deur ons, ons dra hulle ervarings in ons bene en ons dna en in ons liggaams geheue.  

Het die Afrikaner volk ooit herstel na die wreedheid wat hul ingesuig het soos 'n drein van smart?  Ek dink nie so nie.  

Om te dink dit was ons groot groot oumas, wat in kampe gesit is, wat vermoor is en teen gewraak is?  

Die moderne vrou van vandag kan 'n bydrae maak om die helings proses vir die Afrikaner nasie aan die gang te sit.  Ja daar is groot letsels in ons wesens..  

Ons kan aksie neem en ophou kyk hoe die land inmekaar tuimel, hoe ons kultuur uitsterf en ons kan weer soek na ons self.

Ek wil graag elke moderne Afrikaner vrouens uitdaag om iets te begin doen vir ons kultuur, ons taal, ons kunste en die preservering van ons geskiedenis.  

Dis tyd dat ons weer diep spore trap op die aarde...soos die verkenners van die groot trek, soos ons voorouers. 

Dans sing skryf kook praat uit leef staan op wees veg verf plant 
maak nie saak wat nie doen net iets
ons taal is in die moeilikheid, ons is kultuur gaan uitsterf 
Hoekom?
want ons is skaam vir die Voortekkers, bang vir die konserwatisme, bang vir die teenstand en miskien erens diep in ons ook bang om weer in kampe gesit te word.  

Die Afrikaanse taal is nie 'n baie ou taal nie, maar ek dink dis die moeite werd om daarvoor te veg.  Kom ons veg nie met geweld nie,  kom ons veg deur te skep, deur te deel, deur saam te dans en te kuier en weer nuwe hoop te sien!  

Ons is nie meer uit die oude doos nie!  Ons is vry, ons kan skep, en ons het baie om te gee vir die land!  Ons sal nooit weer in kampe gesit word nie!  



Ek lees op oor die konsentrasie kampe, my hart bloei saam met die vrouens en kinders en mans uit ons verlede...http://www.boer.co.za/boerwar/hellkamp.htm

Friday, September 17, 2010

Paul Kruger Missie

'n Afrikaanse preserverings en restorerings projek deur deur 
Lindie Lila Venter Erasmus Buitendag Kruger agter kleinkind van Paul Kruger

'n Persoonlike missie, 'n toer, 'n inisiasie, 'n harts tog of net 'n soeke na myself, na my wortels, na my geskiedenis of na Vrede.  Dit maak nie saak nie, my voorouers roep en ek hoor, my taal roep en ek luister, my volk roep en ek staan op! Dis 'n nuwe era vir Afrikaans en ek is voor op die Wa!!  Jy is welkom om saam met my die pad te stap, soos ek daaroor blog, skryf, sing, dans en wie weet wat nog.


Waaroor gaan die projek en die toer?
 Dit is 'n persoonlike roeping vir my om my eie geskiedienis te preserveer en te deel.  Die Afrikaner is op uitsterwing as ons nie passop en vinnig iets begin doen nie.  Dit is nie 'n politieke beweging nie en ook nie gekant teen enige ander kultuur, ras of enige mens nie.  Die stories le in die grond en wag om vertel te word, die beendere ruk en skud in die grafte en dit ruk en skud aan my.  My hart behoort aan Afrikaans en dis nou my tyd om die toekoms te ploeg vir my kinders en hul kinders, en ek gaan dit nie sit sit so doen nie, ek sal swoeg en sweet om my wortels te plant as Afrikaner, net soos my voor ouers.

Datum van die toer: 10-23 Oktober 2010, begin op Paul Kruger se verjaarsdag

Die toer sluit in 'n besoek aan:

  • Paul Kruger Museem
  • Paul Kruger standbeelde
  • Paarde Kraal
  • Die Unie gebou
  • Konsentrasie Kampe 
  • Paul Kruger Huis naby Rustenburg
  • Die Gerefermeerde Moederkerk in Potchefstroom
  • en wie weet wat nog
Die Paul Kruger Toer saam met Lindie Lila-oop vir die publiek tye en datums sal bekend gestel word soos ek dit bevestig.

Kontak my indien enige iemand informasie of belangstelling het om betrokke te raak by die projek, familie baie welkom!


Thursday, September 16, 2010

Dis nie sommer enige klok nie, dis 'n Moeder Klok

Ek skrik wakker uit 'n droom wat my baie vinnig laat asem haal het, stadig kom ek tot my sinne en besef dat langs my bed op 'n ou kerk bankie, sit my oorle ouma Lien, haar suster Marie en hul broer Fiel , opgetof in hul beste kerk klere, sondag hoedens, bietjie kant op die mou,'n sakdoek vir die trane, en'n psalm boek onder elkeen se arm

Hul kekkel en kraai so hard dat ek sukkel om uit te maak wat elkeen wil se-daar is boodskappe aan hul kinders, ou swart en wit kiekies word vir my gewys, 'n uitnodiging na die ou familie plaas op Witpoort,  ouma grootjie se graf, en 'n opgewondenheid wat heers onder die Buitendags soos nog nooit tevore nie. Ek voel omtrent ondergekleed in my rooi nag japon en terwyl ek die slaap uit my oe vee, klets hul voort asof hul by 'n bazzar is.

Eweskielik lui 'n klokkie, en nie sommer enige klok nie, dis 'n Moeder kerk klok, en dit dreun hard in my ore. Almal staan op en 'n goedgeklede man stap in by die kerk deur, my ouma stamp my in die ribbekas met haar elmboog en gebied my om op te staan. "Ons moet respek toon aan die man Lindie" se sy saggies maar ferm.  Ek kan nie sy gesig sien nie en wonder wie dit is. 'n Lang stywe formele program volg en na  'n Psalm of twee en 'n gebed staan almal buite en eet koeksusters, drink tee en ek vat die kans om my ouma te vra; Wie is die man wat almal so bohaai oor maak? Sy antwoord met 'n stuk melktert in haar kies "Hy is die stigter van die Nederduits Gerefermeerde Moederkerk, onse eie kerk my kind.  Hy is ook verlangse familie van ons" maar voor sy kan vertel hoe ons familie is van hom, verdwyn sy in die kombuis in.  Honderd vrae stroom deur my kop?   Maar kan dit wees?  Is ek dan dubbele familie van Paul Kruger?  Hy is dan my groot groot oupa ook?  Dit maak my nuuskierig, meer as ooit en so begin die Groot soektog na my ware geskiedenis, my voorouers en hul onvertelde stories, stories wat nou le en rattle in hul grafte, stories wat wil vertel word, geskryf word, gesing word, en gedans word...en ek voel nader aan hul as ooit..hul het geroep en ek het gehoor...

Saam kry my ouma en haar suster nog laaste woordjie in;

"Suster Sarah van nou af gaan jy sing 
harder sing as wat jy ooit gesing het, 
en die heelal gaan jou hoor"  
  

Lindie Lila Venter Erasmus Kruger Buitendagh 












The Dutch Reformed Church (“ Moederkerk”)

The First Dutch Reformed church in Potchefstroom was build in 1867-8 and was situated on the corner of Potgieter and Van Riebeeck Street. This church building was mostly used for as a temporary school after it was build.

The president day building sits on site which was used as a parsonage. It was the residence of Rev. Jooste which was hit by the British during the first War of Independence and burned down on 4 January 1881.

The design is based on a German master builder Richard Wocke. President Paul Kruger laid the cornerstone on 13 February 1894 and the building was completed in 1897. An organ was installed in 1914.

The building burned down on July 2007 and is currently being restored





My wortels skiet diep

























Ek is 'n agter kleindogter van 
Oom Paul Kruger 
en my wortels skiet diep
net so diep soos die Jakarandas 
van die ou Pretoria

Dors na my kultuur 
soekend na myself
Wie is Ek?
so drink ek elke dag die besoedelde water en hoop dat dit dalk
my hande in onskuld gaan was

die prys is op my kop
Afrikaner Wanted
en so is ek nou in Exile, net soos my voorsaad
maar ek wil nie wees nie
Ek wil vry wees
Ek wil Afrikaans wees
Ek wil leef
maar

Dis 'n binne struweling en 'n onophoudende gepleit
want
ek is dan ook hier gebore
ek hoort dan ook hier 
ek vra
Mag ek praat in my moedertaal?
Moet ek my voorsate verwerp? 
en so ook myself
Mag ek bestaan?  
Ek is 'n Afrikaanse Afrikaner
Mag ek dit se?

Ek is nie 'n Bossie 
wat net uitgetrek kan word nie
Ek is 'n agter klein dogter van 
Oom Paul Kruger
die stigter van die ou Transvaal 
en my wortels skiet diep
net so diep soos die Jakarandas 
van die ou Pretoria
en my blomme bloei steeds elke lente

Lindie Lila Venter Erasmus Kruger
Opgedra aan Oom Paul