Die jong volk se kultuur is dinamies, dit groei en pas aan by die tyd. Volksmusiek is ‘n stuk volkskutruur wat ook groei en aanpas” Anton Hartman, voorsitter Fak-Musiekkomitee 1979.
In 1949 vorm 2000 volkspelers 'n tablo van die kakebeenwa, by die geleentheid van die Inwydingsfees van die Voortrekker monument te Pretoria
In 1952 is daar 'n massa vertoning deur 3000 volkspelers tydens die Van Riebeeck-fees te Kaapstd
Dit se vir my dat Volkspele kultuur le diep in ons wortels en dat ons voorouers lief was vir musiek en dans. Dit is 'n wonderwerk om te dink dat die Afrikaner in so groot maat sal deelneem aan Sang en dans.
So begin die grootste avontuur van my lewe, die reistog terug in tyd, terug in die geskeidenis van ons Afrikaanse kultuur, en hoe ek ‘n roeping gehoor het uit die grafte van my voorsate om ondersoek intestel en uit te vind, wat het met die Afrikaner kultuur gebeur dat die Volkspele uitgesterf het, en dat die groot gros Afrikaner stam meestal vandag verkies om musiek vertonings te kyk en luister eerder as om deel te neem. Die enigste dans wat vandag as ons eie Suid Afrikaanse dans gesien kan word is die Sokkie. Maar wat dan van al die sirkel danse en gesingery wat saam met mekaar gepaard gegaan het.
Dit is nou vir my 'n persoonlike doel om uit te vind wat het skeef geloop met ons kultuur danse? In my hart voel ek 'n diep roeping om 'n nuwe Afrikaner dans op te roep, om die Volkspele weer met 'n vars uitkyk en aanslag aantepak.
En so begin ek toe nou rondsnuffel en google. Tot my verbasing vind ek klomp informasie op die internet en ook in my eie huis. Min het ek geweet toe ek 3 jaar terug in ons hout huisie by Gordons Baai in trek dat die ou boek, wat my suster hoog bo in die kas ontdek het, is een van die eerste weergawes van die FAK-Sangbundel. Dit is eers toe ek die week begin navorsing doen het oor Volkspele dat ek die boek deurgeblaai het en op die volgende afkom. In my soeke na die kultuur , stories en lewens styl van my voorvaders, bied die Volksangbundel vir my interresante leidrade terug in ‘n tydperk in wat ek nie ken vandag nie.
In die inleiding het die volgende veral my aandag getrek:
“Drie wense vergesel hierdie bundel
1. Dat die liedere tot veruiming en veredeling van die lewe en tot waardering van al wat skoon is, mag bydra
2. Dat hulle sal help om die gevoel van samehorigheid onder die Afrikanerste versterk te versterk, juis daarom is sowat 275 van die liedjies vir saamsing bereken:
3. dat ons in die toekom in skool, huis en vereniging, by samekomste, funksies en feeste ‘n uitgebreider gebruik van ons eie liedere sal maak en dat oor die algemeen veel meer en met ‘n opgewekter sanglus gesing sal word, want in die verlede, het ons Afrikaners veels te min en met genoeg geesdrig gesing nie”
Dit is duidelik dat daar baie energie en tyd in gesit is deur ons voorouers om die Afrkaanse kultuur te ontwikkel en om ook die Afrikaner aan temoedig om te sing en te dans.
Die 1ste FAK Sangbundel was ‘n opvolger van dr. N.Mansvelt se Hollans-afrikaanse Liederbundel as ook Mev. Joan van Niekerk se Afrikaanse-Hollandse Liederbundel wat in 1907 en 1927 verskyn het. Dit is weer in 1961 hersien en weer in 1979.
“Die Transvalers is plesierig dit kan jy my glo
hulle hou graag partytjies en dan maak hulle so
eers draai nou die ou vroutjie en dan draai haar ou man
hy vat haar om die lyfie en dan draai hul mooi saam” Gutche
Vandag is die lied bekend as Afrikaners is plesierig en die lirieke is aangepas vir die nuwe Afrikaner. In die 1ste uitgawe het dit onder die inhoud as PIEKNIEK-LIEDJIES verskyn.
Piekniek-liedjies, nou wat is peikniek liedjies? Herhinner my tog om uit tevind. Dis vir my ook baie fasinerend as Egiptiese volksdanseres om te ontdek dat van die liedere in die 1ste Fak -sagbundel uitgawe het aanwysings vir bewegins wat saam met die volks musiek gepaard gaan.
Hier volg die choreografie vir die lied Die Transvalers is Plesierig net soos dit in die Sanbundel verskyn:
“By verse en gee die spellers mekaar die hande en dans almal in ‘n kring rond; aan die end moet almal die gebaar namaak wat in die kring staande leier namaak.
By vers twee dans-terwyl almal sing-slegs die tevore gekose vroutjies en ou mans in die middle kring
Nou word vers 1 herhaal, maar met ‘n ander gebaar aan die end
Dan word vers 2 herhaal en ander paartjies kry hulle kans. Weer vers 1, ens
Dit gee baie prĂȘt as van die ouer mense oorgehaal kan word om ‘n slag in die middle van dei kring deel te neem”
Vandag gaan die lirieke van dieselfde lied so:
“Afrikaners is plesierig dit kan jy my glo
Hulle hou van partytjies en dan maak hulle so
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man
En hy vat om haar lyfie en dan draai hulle saam
Goeie nag my ou vroutjie Goeie nag my ou man
Oor ‘n week ‘n partytjie en dan draai ons weer saam.” Gutche Fak-Sangbundel 1979
Ek het nou net een vraag? Wat het geword van die Volkspele en die dans aanwysings wat nog te siene was in die Fak-sangbundel van 1937 maar nie meer in vandag se weergawe nie? Hoekom het die Afrikaner ophou dans en deelneem aan Volkspele?
Hoe beinvloed dit ons kultuur vandag?
Kan enige iemand vir my Volkdanse leer dans? ek is 'n profesionele buikdanser en is seker ek kan weer lewe gee aan die danse?
GEE MY 'N VOLKSDANS EN EK DANS DIT!
Kan enige iemand vir my Volkdanse leer dans? ek is 'n profesionele buikdanser en is seker ek kan weer lewe gee aan die danse?
GEE MY 'N VOLKSDANS EN EK DANS DIT!
Bronne:
F.a.k Volksanbundel vir Suid-Afrika 1937
Fak-Sanbundel 1979
Wikipedia encyclopedia http://wapedia.mobi/af/Volkspele
IN MY VOLGENDE HOOFSTUK STEL EK ONDERSOEK IN DEUR TE KYK NA DIE MUSIEK, POLITIEK, EN EKONOMIESE GESKEIDENIS VANAF 1937 TOT EN MET 1979.