Hoe vernederend, afbrekend en siels dodend was die hele gebeurtenis nie vir die Afrikaner nasie nie. Hoe speel dit nogsteeds 'n rol in ons lewens? Het die Afrikaner vrou ooit rerig tot haar verhaling gekom?
Ons voorouers se bloed vloei deur ons, ons dra hulle ervarings in ons bene en ons dna en in ons liggaams geheue.
Het die Afrikaner volk ooit herstel na die wreedheid wat hul ingesuig het soos 'n drein van smart? Ek dink nie so nie.
Om te dink dit was ons groot groot oumas, wat in kampe gesit is, wat vermoor is en teen gewraak is?
Die moderne vrou van vandag kan 'n bydrae maak om die helings proses vir die Afrikaner nasie aan die gang te sit. Ja daar is groot letsels in ons wesens..
Ons kan aksie neem en ophou kyk hoe die land inmekaar tuimel, hoe ons kultuur uitsterf en ons kan weer soek na ons self.
Ek wil graag elke moderne Afrikaner vrouens uitdaag om iets te begin doen vir ons kultuur, ons taal, ons kunste en die preservering van ons geskiedenis.
Dis tyd dat ons weer diep spore trap op die aarde...soos die verkenners van die groot trek, soos ons voorouers.
Dans sing skryf kook praat uit leef staan op wees veg verf plant
maak nie saak wat nie doen net iets
ons taal is in die moeilikheid, ons is kultuur gaan uitsterf
Hoekom?
want ons is skaam vir die Voortekkers, bang vir die konserwatisme, bang vir die teenstand en miskien erens diep in ons ook bang om weer in kampe gesit te word.
Die Afrikaanse taal is nie 'n baie ou taal nie, maar ek dink dis die moeite werd om daarvoor te veg. Kom ons veg nie met geweld nie, kom ons veg deur te skep, deur te deel, deur saam te dans en te kuier en weer nuwe hoop te sien!
Ons is nie meer uit die oude doos nie! Ons is vry, ons kan skep, en ons het baie om te gee vir die land! Ons sal nooit weer in kampe gesit word nie!
Ek lees op oor die konsentrasie kampe, my hart bloei saam met die vrouens en kinders en mans uit ons verlede...http://www.boer.co.za/boerwar/hellkamp.htm
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.