Ek skrik wakker uit 'n droom wat my baie vinnig laat asem haal het, stadig kom ek tot my sinne en besef dat langs my bed op 'n ou kerk bankie, sit my oorle ouma Lien, haar suster Marie en hul broer Fiel , opgetof in hul beste kerk klere, sondag hoedens, bietjie kant op die mou,'n sakdoek vir die trane, en'n psalm boek onder elkeen se arm
Hul kekkel en kraai so hard dat ek sukkel om uit te maak wat elkeen wil se-daar is boodskappe aan hul kinders, ou swart en wit kiekies word vir my gewys, 'n uitnodiging na die ou familie plaas op Witpoort, ouma grootjie se graf, en 'n opgewondenheid wat heers onder die Buitendags soos nog nooit tevore nie. Ek voel omtrent ondergekleed in my rooi nag japon en terwyl ek die slaap uit my oe vee, klets hul voort asof hul by 'n bazzar is.
Eweskielik lui 'n klokkie, en nie sommer enige klok nie, dis 'n Moeder kerk klok, en dit dreun hard in my ore. Almal staan op en 'n goedgeklede man stap in by die kerk deur, my ouma stamp my in die ribbekas met haar elmboog en gebied my om op te staan. "Ons moet respek toon aan die man Lindie" se sy saggies maar ferm. Ek kan nie sy gesig sien nie en wonder wie dit is. 'n Lang stywe formele program volg en na 'n Psalm of twee en 'n gebed staan almal buite en eet koeksusters, drink tee en ek vat die kans om my ouma te vra; Wie is die man wat almal so bohaai oor maak? Sy antwoord met 'n stuk melktert in haar kies "Hy is die stigter van die Nederduits Gerefermeerde Moederkerk, onse eie kerk my kind. Hy is ook verlangse familie van ons" maar voor sy kan vertel hoe ons familie is van hom, verdwyn sy in die kombuis in. Honderd vrae stroom deur my kop? Maar kan dit wees? Is ek dan dubbele familie van Paul Kruger? Hy is dan my groot groot oupa ook? Dit maak my nuuskierig, meer as ooit en so begin die Groot soektog na my ware geskiedenis, my voorouers en hul onvertelde stories, stories wat nou le en rattle in hul grafte, stories wat wil vertel word, geskryf word, gesing word, en gedans word...en ek voel nader aan hul as ooit..hul het geroep en ek het gehoor...
Saam kry my ouma en haar suster nog laaste woordjie in;
"Suster Sarah van nou af gaan jy sing
harder sing as wat jy ooit gesing het,
en die heelal gaan jou hoor"
Lindie Lila Venter Erasmus Kruger Buitendagh
The Dutch Reformed Church (“ Moederkerk”)
The First Dutch Reformed church in Potchefstroom was build in 1867-8 and was situated on the corner of Potgieter and Van Riebeeck Street. This church building was mostly used for as a temporary school after it was build.
The president day building sits on site which was used as a parsonage. It was the residence of Rev. Jooste which was hit by the British during the first War of Independence and burned down on 4 January 1881.
The design is based on a German master builder Richard Wocke. President Paul Kruger laid the cornerstone on 13 February 1894 and the building was completed in 1897. An organ was installed in 1914.
The building burned down on July 2007 and is currently being restored

