Uit die rooi grond van Witpoort roep ons uit
na die wat kan hoor
diep uit die grafte staan ons beendere op
en ruk skud 'n steurende ritmeS
en ruk skud 'n steurende ritmeS
soos begeesterde ou kruie dokters
die stof dans op 'n hipnotiese melodie van gister
en die ou windmeul naby die hek staan dood stil
en kreun en huil peinsend saam met die wind
en ek hoor hoe die ou bloekom bome vergete stories vir my begin fluister
die grond wil praat suster Sarah, kan jy hoor suster
die volk wil praat, hardop uitskel as dit moet
oor die onvertelde stories, die konsentrasie kampe, die oorlog, die sout van die aarde
my ouma wys na die aartappels wat nog sterk groei daar in haar agter tuin
waar sy nou rond dwaal tot in ewigheid of tot sy verlos word
kyk hoe mooi is die rooi perskes die jaar Lindie
vat 'n mandjie en gaan pluk vir jou soveel aarbeie soos jy wil en moerbeie
ja gaan speel daar by tant Hannie se moerbui boom
se sy terwyl sy 'n traantjie pik
o ons was lief vir die stukkie grond my kind
kyk die granate, daar is 100
het hul getel vanoggend voor ek eiers gaan uithaal het
die vrug van die godin
as sy ons honger mage net kon voed
Verewig
ag my kind ouma wens sy het meer gepraat
jy moet nou maar vir ons praat
ouma wens sy was nie doofstom nie
vertel alles ons wil alles vertel
kyk ouma se kind, die boomgom plak die legkaart aanmekaar
net soos toe julle kinders prente met dit geplak het
luister my kind, die mielies sing
"Ons is dors, bring tog net 'n bietjie reen"
ek stap elke dag deur die mielie land daar na oom Fiel se plaas
verby die modderhuisie van die volk en die hond op 'n ketting
maar hys nie meer daar nie
ek en oupa sit ure al met seer oe, die hek en dophou
maar die familie kom nie meer elke jaar nie
ons is vergete, ons is vergete
uit die mond van die Voormoeders
Lindie Lila Venter Erasmus Buitendag, Kruger
kleinkind van Carolina Hendrika van Witpoort