Die mense wat daar saamgehok was, het geen tente gehad nie. Sommiges het onder die treintrokke ingekruip en ander het stukkies seil by die Tommies gebedel. Hulle het 'n paar stokke in die grond gesteek en die seil daaroor gegooi, om noodskuiling te maak waarbinne 'n mens nie kon regop staan nie.Ek is na een van die skuilings geroep om na 'n siek kind te kyk. Die moeder het op 'n kissie gesit met die kind op haar skoot. Sy het niks gehad om vir die kind te gee nie en dit was duidelik dat die kind se toestand vinnig verswak het.Ek het iemand na die opsigter van die kamp, 'n myl daarvandaan, gestuur om hom iets vir die siek kind te vra, maar hy het laat weet dat hy net vir die kamp voorraad lewer.Daar was niks wat ons kon doen nie. In eerbiedige stilte moes ons toesien hoe die kind sterf.Die moeder het nie beweeg of getreur nie.Dit was haar enigste kind. Sonder trane en doodsbleek het sy daar gesit.Sy het nie na die kind gekyk nie, maar na die dieptes van smart wat verder was as alle trane. 'n Vriendin, wat agter haar gestaan het, het die Here aangeroep om hierdie tragedie te aanskou, terwyl ander vroue om haar op die grond troosteloos gehuil het.Hierdie toneel het 'n onuitwisbare indruk op my gemaak. Dit was asof al die elemente van tragedie in hierdie land saamgevloei het onder daardie stukkie flenterseil wat nie die son, wind of reën kon keer nie!Jare later, toe mnr Van Wouw (Anton van Wouw, wat ook die Oorlogsmonument ontwerp het) Rome toe gekom het om die opdrag uit te voer, het ek hom vertel van die toneel wat vir my die uitbeelding en kern van die tragedie was: Gebroke vroue en 'n sterwende kind.Lees meer op http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?3930-So-het-die-beeldegroep-by-die-Vrouemonument-tot-stand-gekom
Ek soek nog stories van vroue in die konsentrasie kampe, waar kan ek dit kry?
Ek dink ek moet dir vrouemonument gaan besoek in Bloemfontein.
http://www.erroluys.com/BoerWarChildsStory.htm
http://hubpages.com/hub/emily-hobhouse-a-remarkable-woman
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.