Tuesday, January 4, 2011

Helende Zaar Dans en Musiek vanuit Noord Afrika na Suid Afrika

Die Mazaher Shamaan Groep in Cairo, foto geneem deur Lindie Lila Venter in Desember 2010 


Met my besoek aan Egipte besoek ons een aand  die Makan Kulturele sentrum in Cairo, om ‘n asemrowende belewenis soos nog nooit tevore te beleef deur die Mazaher Zaar trans musiek groep.

Ek sit reg onder die voete van ‘agt musikante.   Hul bespeel hand dromme, Egiptiese tamboeryne,  yslike finger simbale , hout fluit en ook die stem.  Die vrouens, sit kragtig soos Afrika mammas, en is almal geklee in Galabaja rokke ( lang traditionele Egiptiese volks rokke), kop doeke en groot ronde oorbelle. Hul oe is diep en vertoon siel en wysheid.  Dit is vertowerend van die eerste sekonde wat hul begin speel en sing.

Een vrou begin herhalend hipnoties dansend speel op vinger simbale, haar kop, nek en lyf beweeg ritmies van links na regs, herhalend en charismaties betowerend.  Haar energie rys op soos die van ‘n goue kobra, haar oe kyk diep in mens se siel en die heling en transformasie begin.  Geen een in die gehoor gaan onaangeraak deur die siels musiek ervaring nie.  

Nog ‘n vrou met ‘n pragtige deurskynende lap oor haar kop begin sing in Arabies in ‘n oer oue styl, en oortone word gehoor soos sy melodies ons op ‘n reis vat na ‘n  ander plek, ‘n ander tyd, erens spesiaals, en mens wil amper nie terugkom nie.  My lyf begin ritmies saam pols en ek wil net saam dans, en dis nie lank nie of hul nooi my om op te staan en te dans.  Die Zaar neem my oor, die hoofsanger sing en dan herhaal die res, 'n roep en antwoord tussen leier en groep, tussein siel en liggaam. Die tempo is stadig en hipnoties herhalend.  Ek voel hoe die musiek my los ruk uit my liggaam en my siel voel bevryd.  Diep in my voel ek 'n konneksie met ‘n oer oue self, 'n heler self, 'n shamaan, 'n Afrika self.

Ons dans en hul sang en musiek rys ons op na ander werelde.   Ek voel deel van die kultuur, die geskiedenis, amper soos ‘n afstammeling van ‘n vorige lewe in daardie wereld en in my word iets wakker, 'n behoefte om weer 'n heler danser en sanger te wees.
Nog mense dans nou saam en party begin huil, vasgedrukte emosies spoel hier en daar uit die gehoor soos klein tsunamies en die musiek maak heel waar woorde en dade nie kan nie.

Die hoofsanger gaan in ‘n trans en die hele groep word een.    Ons dans vir wie weet hoe lank, elke lied is ‘n geskenk aan my dorstige siel, en ek wil amper neerval en hul voete soen, om dankie te se.  Ek voel nederig as die musiek ophou, en ek smag na nog, maar ek moet terug keer na die realiteit van menswees.  Ek besef net weer hoe kragtig musiek en dans is en ek wonder hoe kan ek dit deel met my eie volk in Suid Afrika.

Die Mazaher Zar groep is die laaste van ‘n afstammeling van hul soort heler musikant trans dansers.
Die Zar dans het ek al van gehoor, maar dit is niks soos die veramerikaanse buikdans supersterre dit uit maak nie, dit is  aards, kragtig, helend, transformerend, liefde vol, lig  en onbeskryflik.  Daar is niks glansryk en vals daaraan nie.  Ek sal die ervaring veraltyd saam met my dra.
 Vir Heleings Zar dans sessies of lesse kontak Lila te lindielila@gmail.com

Monday, January 3, 2011

Ek ontdek Barend Christoffel Kruger my Groot Oupa Kruger


Ek het sopas die my oupa Groot Barend Christoffel Kruger ontdek op die internet, ek het skoon gebewe toe ek die stamboom ontdek.  Nie net het ek hom ontdek nie maar die hele stamboom geskiedenis terug tot by die 1ste Kruger in my familie.  Ek is so opgewonde ek kan uit my vel spring.  Ek het vir maande gewonder hoe my Kruger familie na Kenya getrek het,  wat het met hul gebeur in die konsentrasie kampe en nog baie meer.  Nou het ek meer van die legkaart bymekaar gesit en ek voel fantasties oor die ontdekking.  Ek weet nou meer van myself en wie ek is en dit laat my tuis voel in my vel, in my land en in my volk.  Dis nou bevestig ek het ook Duitse bloed. Baie interessant om te ontdek dat ek ook Venter bloed het, mmm miskien is ek en my man ook familie, dit sal nou 'n ding wees, maar ons sal maar moet sien hoe die storie uitwerk.  Wat 'n avontuur is die nie.  
My ouma, Babs Erasmus-Olivier-Kruger ( steeds lewendig in Natal) het my telke male die laaste maande met my diep ondersoek soveel vertel as sy kon van Barend Christoffel Kruger.  Vandag is my oupa Erasmus ( 86) baie siek en ons hoop hy kan weer versterk.  Hy is ook uit Kenya en ek soek nog hard aan sy stamboom.  Ek bid dat die Engele hom en my ouma deur die tyd veilig bewaar en versorg.  Toe ek haar nou nou bel en die nuus vir haar vertel was sy bly, maar in skok oor my oupa wat agteruit gaan by die sekonde.  Ek is so lief vir my voorvaders en moeders en ons is geseend dat ons nog 'n ouma en oupa saam kan he.  Maar ek weet dat die tyd aanstap en nader kom, en dit laat my diep in my hart net my stamouers meer eer en dankbaar wees vir die geskenk van die lewe aan my, en dit wat hul moes deurgaan vir ons om vandag te wees wat ons is, Afrikaners!  

Hier volg 'n direkte afdruk van die storie, ek sal later die skrywer se naam bysit as ek dit ontdek het.

Barend Christoffel Kruger.  
Gebore op 27 Februarie 1861 te Wakkerstroom en ook blykbaar daar gedoop (datum onbekend) in die N.G. Kerk - dus die 1e gebore Transvaler.
Getroud met Gesiena Cornelia Petronella Adriana Korff - datum onbekend, maar hul oudste kind is op 20 Maart 1885 gebore. Ouma Korff was van die bekende Korff familie wat destyd almal op Windhoek (tusen Dullstroom en Tondeldoos) geboer het waar hulle groot plase besit het - daar woon vandag nog baie Korffs in die Windhoek-Dullstroom-Lydenburg kontrei.
Hulle het lank op die plaas Kaalbooi in die Machadodorp (of Carolina ?) distrik geboer, en in dieselfde tyd het Oupa Barend ook met tye transport gery met wa en osse. Hy was glo 'n kranige vioolspeler.
Hy was 'n bittereinder in die Anglo-Boere Oorlog, waartydens sy plaas afgebrand en verwoes is deur die Engelse en sy vrou en kinders na die konsentrasiekamp op Middelburg (Tvl) geneem is, waar minstens 2 dogtertjies oorlede is - een dag namekaar en saam in een graffie begrawe is.
Na die oorlog moes hy swaar sukkel (hy het maar net 2 jong seuntjies gehad) om weer aan die gang te kom en het later (vermoedelik ongeveer 1912-1914) sak en pak na Kenia (toe bekend as Brits-Oos-Afrika) verhuis per ossewa na Lourenco Marques (tans Maputo), en vandaar met wa en osse en al per skip na Mombasa, en daarvandaan weer per ossewa die binneland in tot by Eldoret. Al sy dogters is saam, behalwe die oudste wat toe reeds getroud was, en die 2 seuns wat hier allerlei werk (o.a as stokers op die Spoorweë te Watervalboven) gedoen het. Sy tweede seun, Oupa Abraham Johannes, het hom later omstreeks 1915/16 gevolg.
Hy is op 59-jarige ouderdom (d.w.s. ±1920) oorlede aan malaria terwyl hy en genoemde seun Abraham op 'n transport-tog in die (destyds ongerepte) binneland van Kenia was, per wa en osse. Dit het Oupa Abraham glo 2-3 dae geneem om sy oorskot (met die osse deurentyd op 'n stywe draf) by die huis te kry vir die begrafnis - hy kon darem 'n boodskap voouruit stuur om die familie te laat weet (Ouma Gesiena is op haar 59e verjaarsdag oorlede, ook in Kenia).
Hulle het 12 kinders gehad - 3 seuns (waarvan die jongste, wat na Oupa Barend vernoem is, op 6 weke ouderdom oorlede is) en 9 dogters, en dan nog 'n aangenome seun en 'n verdere seun en dogter (al 3 lg. was gebore Venter) wat moontlik net pleeg- of voogkinders was, alhoewel Oupa hulle name ook voor in sy familiebybel aangeteken het saam met die van sy eie natuurlike kinders. 'n Interessante feit is dat nadat die seuntjie wat sy naam gedra het klein oorlede is, hy klaarblykblik dolgraag nog 'n seun wou hê om weer sy naam verder te dra , maar die volgende 6 was almal dogters waarvan hy die laaste een (gebore 22 Julie 1906, toe Oupa reeds 45 was) toe maar sy name gegee het aangesien hy seker gemeen (of geweet) het dat daar nie nog 'n kind kan wees nie - dit demonstreer hoe gesteld die oumense daarop was om familiename te laat voortleef - in hierde verband is dit ook interessant om daarop te let dat vanaf Oupa Johannes Christiaan (A4 B7) tot by Oupa Abraham ons besondere geslag telkens afstam van die tweede seun, en aangesien dit tradisie was dat die tweede seun altyd na sy oupa aan moederskant vernoem is (die 3e seun kry altyd sy Pa se naam), het die oorspronklike stamname (veral Johannes Christiaan en Jan Adriaan) alreeds verdwyn het in ons stamlyn.
Oupa Barend en Ouma Gesiena se 12 eie kinders is gebore tussen 20 Maart 1885 en 22 Julie 1906 en was in die volgende volgorde: 2 dogters - 2 seuns - dogter - seun, en toe nog 6 dogters. Die eerste voog (? kan pleeg of aangenome wees) dogter gee hy aan as Suzana Caterina Venter "gebore Britz", gebore 24 September 1888, en die twee seuns as Johannes Jacobus Venter, gebore 29 Julie 1906 en Jan Adriaan Venter, gebore 25 Januarie 1911 - dit lyk dus moontlik dat eg. (Suzana) reeds 'n jong weduwee was toe hulle haar "aangeneem" het, en dat die 2 seuns moontlik haar kinders was - hy het egter net vir Jan Adriaan in sy Bybel aangemerk as "aangeneem op 18 dagen ouderdom". Na Oupa Barend Christoffel se dood het Jan Adriaan verder by Oupa Abraham (vir wie hy "Boetie" genoem het), grootgeword, en saam met hom teruggekom het na SA ( hy is ± 1970) oorlede in 'n motorongeluk).

Friday, October 29, 2010

Godinne van Afrika


Godinne dans deur die strate van Afghanistan, bring terug die heilige mag van die onderdrukte vrou
Godinne dans deur die Afrikaner harte, kerke en gelowe, bring terug die skoonheid en volheid van die vrou
Godinne weef lig deur die grafte van die vroue helde van gister, ons voormoeders,
die wat peinsend steeds le in die konstentrasie kampe
Godinne saai die as van die verbrandende vermoorde hekse soos blom sade en laat vrouens weer heling bring met kruie en blomme en dans en sang
Godinne bevry ons Eva ons groot stam moeder van die oneerlike skandaal wat ons ook nou dra
Godinne laat ons vrou staan met trots in haar volmaakte naaktheid, sensualitiet  en seksualitiet
Athena verwoes die klug van 'n media wat ons jong dogters se selfbeeld skend 
wat ons beeldskoonhied na valse perfeksie laat najaag en self haat kweek in ons vroue gemoed

Aphrodite dans deur Afrika, bevry die vrou van slagoffer mentaliteit
Bring terug die skoonheid en krag van die vrou
Godinne halt die verkragting van ons vrouwees 
Isis staan op bring heling aan ons Afrika nasie, van die Noorde tot die Suide
Bevry ons van die greep van geloof wat ons vrou afbreek en onderdruk in haar eie wese
Dans deur ons moeders, dans deur ons jong meisies, dans deur ons oumas
Bring wysheid en braafheid en die Waarheid!

Godinne dans soos nooit tevore nie
Ruk en skud as dit moet
Sweef draai en vloei
Godinne van Afrika
ons is nie meer bang om jul ons Godinne te noem nie
wys vir ons die werklike dans van God en Godin
leer ons weer van Vrede!

Godin Vegters vir Afrika, dit is tyd, staan op! 
Ek roep luidkeels uit na die bevryding van die Godin in elke vrou!  

Sunday, October 17, 2010

La Buscaigne

So tussen die grafte deur loop ons, party toegegroei met dorings, vol grasse en onversorgd, maar uituindelik vind ons Lovisa, die oudste suster van my ouma grootjie, Carolina Hendrik Labuchangne, afgelei van die Franse van La Buschagne.  Franse bloed ja ek het franse bloed, gin wonder ek voel so diep aantrekking tot franse musiek en die taal nie.  Elke graf kry 'n rooi roos en wierook vuurtjie, 'n kort gebedjie en roos water. 

My groot oupa Frederik Jakobus Andries Christoffel Labuschagne het die eerste pad tussen Ventersdorp en Potchefstroom gemaak met osse en 'n wa, ten vergoeding daarvoor is hy betaal, en met die geld het hy 'n groot stuk grond in die Witpoort area.  Elkeen van die Labuschagne kinders het 'n stuk grond gekry.  Ons ry die pad en ek voel hoe ons terug gesuig word in 'n vakuum van gister.  Ek en my oom Chris loop die 1ste plaas plat opsoek na die graf van die oudste suster.  Beesmis, bloekom en rooi grond ruik kalmte deur my siel.  My voete sak diep in die droe dors grond in, die dorings steek kort kort deur my strand plakkies wat ek heel verkeerdelik ingepak het.  Vellies of harde sool skoene dis wat mens daar nodig het.  Die plase skiet stories deur my soos ek die wilde meerkatte sien hol oor die grasse.  Groot ou plaas hekke word oopgemaak en toegemaak sodat die beeste nie wegdwaal nie.  Die dam is nou leeg wat my oom Feel gemaak het op my ouma grootjie se plaas.  Hier was die sitkamer, wys my oom in die ou vervalle huis wat wragtig nog staan, nou staan ek in ouma Lien se kamer, al haar kinders het ook saam haar daar geslaap se hy.

Ek wonder waar het sy die porselein tee stelletjie gebere in die huis, die stelletjie wat nou in my kombuis staan, wat ek geerf het oor ek dieselfde aarbei rooi hare gekry het as sy.  Een maand na my geboorte sterf my ouma grootjie Carolina Hendrika Buitendag.  My ma het my altyd vertel dat ouma Kalie soos hul haar genoem het net gewag het om my te sien toe gaan sy oor na die na lewe.  

Dis stil by die grafte en 'n groot rustigheid kom oor my, ek voel uiteindelik ek hoort erens.  Ons besoek seker maklik 10 klein begrafplasies.  Ek le rose neer op al die grafte van my ouma grootjie se susters en broers.  Hul was elf kinders.  Een het in die Boere-oorlog gesterf en die res het elkeen 'n plaas gekry langs mekaar.  Die grafte praat met my, die volk wemel van blydskap oor ons besoek en soos ons weg ry sien ek hul dansend wuif en sing tot weer siens ons kinders.
 Ons lag ek en my oom, soos ons wegry,  ons is nou graf opspoorders.  Die rooi rose op die grafte vul die lug met 'n soet reuk en ek hunker na familie soos nooit tevore nie, ek smag na my kultuur en my taal, nooit weer sal ek vergeet wie ek is nie.

Die eerste Labuscaigne van my stamboom was Abram uit Frankryk, en het hier aangekom in die 1600.  Ek sal later meer informasie oor die stambome gee.

Tent 11 604

Begeesterd moeg en emosioneel, dis hoe ek vanoggend voel, dit is dag sewe van my stamboom navorsings projek. Dit trek als uit my uit, slaap is min en die Volk wil net praat.  Twee keer het ek vanoggend om die lusern sirkel gestap om te bedaar.  Die stamboom ontdekkings is soms oorweldigend, tussen datums, grafte, museums, name en stories probeer ek die waarheid aanmekaar vleg, dis 'n legkaart en ek voel soos 'n speurder.  Oproepe na my ouma in Natal, is nou 'n daaglikse ritueel.  Ouma wat was ouma se ouma se naam, waar het hul gewoon, was hul in konsentrasie kampe, watter jaar het jul in Kenya aangekom?  Vra wemel in my kop, soeke na antwoorde, en die kleinste leidraad lei tot 'n groot ontdekking.

Het Barend Christoffel Kruger ontdek, my ouma se ouma grootjie is opgekryf in die data basis van die konsentrasie kamp in Middelburg 1901-1902, hul was in van die plaas Kaalbron in Carolina.  In tent nr 11 604 vind ek die name van haar agt kinders ook, Joachim 10, Abram en Cornelia albei 9, Elsie 16, Wilhelmina 14, Gesina 9, Anna 8, Susanna 5, Christina 2.  Wie is haar man?  Ek soek nog, dit se net hy was op kommando.  Skok daal oor mens neer as mens besef dat jou voorouers, jou bloed ook na die grusame konsentrasie kampe  gesleep.  Die Boere-oorlog kry dan 'n heel nuwe perspektief en dit raak persoonlik.  Kokend probeer mens nou sin maak van die verlede. 

Waar kom die dorp Carolina se naam vandaan wonder ek nou?  dis ook 'n familienaam van my.
Die soektog duur voort, wie is ek en waar kom ek vandaan?  'n Soeke na die stories van my stambome.
http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/84121/Barend_Christoffel_Kruger/

Tuesday, September 28, 2010

EGIPTIESE VOLKSDANSE DEUR LINDIE LILA



                                 Foto deur-  http://www.faridafahmy.com/articles.html


Een van die mees bekendste danse uit Egipte is die "Baladi".  Die woord beteken “van die plaas/kontrei”.  Met  industrialisasie in die 1920 het plaas boere na die stad Cairo verhuis om werk te soek, “baladi” is m.a.w. verstedelike “folklore”  


Woorde soos “Bint al Balad”  kom dikwels voor onder dansers en die lirieke van Egiptiese musiek, en dit beteken “Meisie van die plaas”.   Vandag is die “Baladi” steeds aards maar meer verfynd, en die term word ook gebruik as 'n omvatting van die volks danse en ritmes.  Daar is ook 'n term genaamd  “Fellaha” wat beteken "plaasmeisie", en dit is ‘n feestige dans wat gedans word by troues.   Die Egiptiese volks danse is vandag spring lewendig, onwikkeld en steeds besig om soos ‘n veld brand te verspei reg oor die wereld.  Dit het amper uitgesterf deur verstedeliking en politieke omwentelinge maar is weer suksesvol gepreserveer.  Die dans styl is ook bekend as “Belly dans” en word direk vertaal na Buikdans in Afrikaans. 

So drie jaar gelede het informasie van die Egiptiese Volks dans style oor die internet begin vlam vat, en dans instrukteurs uit Egipte het self hier in ons land hul etniese dans style met ons kom deel. Dit is nou veel meer toeganklik vir Suid-Afrikaners om die danstyle te leer en te verken.  Deur my studies en opleiding van die dans styl het ek onmiddelik aanklank gevind met dit, en ‘n passie vir die dans styl ontwikkel.  



Leopold Schmutzler, Farm Girls Returning From the Fields,






featured in the Great German Art Exhibit, 1937

Die rede hiervoor is my voorouers is ook van die plase, en ek kon die aardsheid, eenvoud en gemaklikhied van die danstyl baie vinning aanneem.  Die dans het ‘n vol en ryk karakter en ek kan nie help om die Afrikaanse plaas meisie van destyds in die dans raak te sien nie.   My ma is a volbloed plaas meisie en haar ouers was volbloed plaasboere en hulle ouers volbloed voortrekkers.  Ek kon met die begewings die grond onder my voete hoor praat soos die plaas mense sou praat, die rooi grond van my voorouers, en ek kon die meisies sien in hul eenvoudige traditionele rokke in die velde werk en plant, en in die kombuise staan en kook, en ek kon sien hoe hul mekaar se hare kam, en vir mekaar dans.  In hul traditionele "Galabaya" en "Baladi"rokke, wat tot op hul tone hang kon ek my voormoeders sien in hul voortrekker rokke met voorskote, en kop doeke.  Net soos die vrouens van die Noorde, in hul harem broeke kon ek die bloomers sien en die onderrokke en die onskuldigheid van die vrou van gister.  In die heup serpe en borduur werk sien ek my ouma,  en in die muntstukke wat vasgewerk is aan die meer moderne heupserpe, sien ek ‘n simbool van die eeue oue Horus, die oog van Egipte, wat vir ons loer en vir ons stories wil vertel. Dit laat my bloed kook van opgewondenheid en ek wonder of ek miskien  kaalvoet  kan dans vir die bevryding van my voormoeders.  Miskien kan ek die konserwatisme en verkramptgeid los dans, en hul weer erkenning gee vir hul eenvoud en skoonheid.  Vir hul lig bring soos Florence die Nagtegaal, vir hul opstaan soos Joan of Arc, vir hul dans soos net 'n aardse plaas meisie..kaalvoet en trots.  




Gaan kuier gerus op die webwerf  
http://www.sphinxfestival.com/ 
Vir Egiptese volk dans klasse,  werkswinkels en optredes kontak
www.capetownbellydanser.com 
Indien enige iemand wil betrokke raak by die preserverings en herlewings projek van Suid-Afrikaanse Volks danse kontak my te lindielila@gmail.com 

VROUE HELDE VAN SUID AFRIKA

Op 15 Mei 1901 het Emily Hobhouse Springfontein in die Suid-Vrystaat besoek. In die konsentrasiekamp aldaar was reeds 3000 vroue in die bittere koue. Sy skryf:
Die mense wat daar saamgehok was, het geen tente gehad nie. Sommiges het onder die treintrokke ingekruip en ander het stukkies seil by die Tommies gebedel. Hulle het 'n paar stokke in die grond gesteek en die seil daaroor gegooi, om noodskuiling te maak waarbinne 'n mens nie kon regop staan nie.Ek is na een van die skuilings geroep om na 'n siek kind te kyk. Die moeder het op 'n kissie gesit met die kind op haar skoot. Sy het niks gehad om vir die kind te gee nie en dit was duidelik dat die kind se toestand vinnig verswak het.Ek het iemand na die opsigter van die kamp, 'n myl daarvandaan, gestuur om hom iets vir die siek kind te vra, maar hy het laat weet dat hy net vir die kamp voorraad lewer.Daar was niks wat ons kon doen nie. In eerbiedige stilte moes ons toesien hoe die kind sterf.Die moeder het nie beweeg of getreur nie.Dit was haar enigste kind. Sonder trane en doodsbleek het sy daar gesit.Sy het nie na die kind gekyk nie, maar na die dieptes van smart wat verder was as alle trane. 'n Vriendin, wat agter haar gestaan het, het die Here aangeroep om hierdie tragedie te aanskou, terwyl ander vroue om haar op die grond troosteloos gehuil het.Hierdie toneel het 'n onuitwisbare indruk op my gemaak. Dit was asof al die elemente van tragedie in hierdie land saamgevloei het onder daardie stukkie flenterseil wat nie die son, wind of reën kon keer nie!Jare later, toe mnr Van Wouw (Anton van Wouw, wat ook die Oorlogsmonument ontwerp het) Rome toe gekom het om die opdrag uit te voer, het ek hom vertel van die toneel wat vir my die uitbeelding en kern van die tragedie was: Gebroke vroue en 'n sterwende kind.
Lees meer op http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?3930-So-het-die-beeldegroep-by-die-Vrouemonument-tot-stand-gekom


Ek soek nog stories van vroue in die konsentrasie kampe, waar kan ek dit kry?

Ek dink ek moet dir vrouemonument gaan besoek in Bloemfontein.




http://www.erroluys.com/BoerWarChildsStory.htm

http://hubpages.com/hub/emily-hobhouse-a-remarkable-woman