Friday, October 29, 2010

Godinne van Afrika


Godinne dans deur die strate van Afghanistan, bring terug die heilige mag van die onderdrukte vrou
Godinne dans deur die Afrikaner harte, kerke en gelowe, bring terug die skoonheid en volheid van die vrou
Godinne weef lig deur die grafte van die vroue helde van gister, ons voormoeders,
die wat peinsend steeds le in die konstentrasie kampe
Godinne saai die as van die verbrandende vermoorde hekse soos blom sade en laat vrouens weer heling bring met kruie en blomme en dans en sang
Godinne bevry ons Eva ons groot stam moeder van die oneerlike skandaal wat ons ook nou dra
Godinne laat ons vrou staan met trots in haar volmaakte naaktheid, sensualitiet  en seksualitiet
Athena verwoes die klug van 'n media wat ons jong dogters se selfbeeld skend 
wat ons beeldskoonhied na valse perfeksie laat najaag en self haat kweek in ons vroue gemoed

Aphrodite dans deur Afrika, bevry die vrou van slagoffer mentaliteit
Bring terug die skoonheid en krag van die vrou
Godinne halt die verkragting van ons vrouwees 
Isis staan op bring heling aan ons Afrika nasie, van die Noorde tot die Suide
Bevry ons van die greep van geloof wat ons vrou afbreek en onderdruk in haar eie wese
Dans deur ons moeders, dans deur ons jong meisies, dans deur ons oumas
Bring wysheid en braafheid en die Waarheid!

Godinne dans soos nooit tevore nie
Ruk en skud as dit moet
Sweef draai en vloei
Godinne van Afrika
ons is nie meer bang om jul ons Godinne te noem nie
wys vir ons die werklike dans van God en Godin
leer ons weer van Vrede!

Godin Vegters vir Afrika, dit is tyd, staan op! 
Ek roep luidkeels uit na die bevryding van die Godin in elke vrou!  

Sunday, October 17, 2010

La Buscaigne

So tussen die grafte deur loop ons, party toegegroei met dorings, vol grasse en onversorgd, maar uituindelik vind ons Lovisa, die oudste suster van my ouma grootjie, Carolina Hendrik Labuchangne, afgelei van die Franse van La Buschagne.  Franse bloed ja ek het franse bloed, gin wonder ek voel so diep aantrekking tot franse musiek en die taal nie.  Elke graf kry 'n rooi roos en wierook vuurtjie, 'n kort gebedjie en roos water. 

My groot oupa Frederik Jakobus Andries Christoffel Labuschagne het die eerste pad tussen Ventersdorp en Potchefstroom gemaak met osse en 'n wa, ten vergoeding daarvoor is hy betaal, en met die geld het hy 'n groot stuk grond in die Witpoort area.  Elkeen van die Labuschagne kinders het 'n stuk grond gekry.  Ons ry die pad en ek voel hoe ons terug gesuig word in 'n vakuum van gister.  Ek en my oom Chris loop die 1ste plaas plat opsoek na die graf van die oudste suster.  Beesmis, bloekom en rooi grond ruik kalmte deur my siel.  My voete sak diep in die droe dors grond in, die dorings steek kort kort deur my strand plakkies wat ek heel verkeerdelik ingepak het.  Vellies of harde sool skoene dis wat mens daar nodig het.  Die plase skiet stories deur my soos ek die wilde meerkatte sien hol oor die grasse.  Groot ou plaas hekke word oopgemaak en toegemaak sodat die beeste nie wegdwaal nie.  Die dam is nou leeg wat my oom Feel gemaak het op my ouma grootjie se plaas.  Hier was die sitkamer, wys my oom in die ou vervalle huis wat wragtig nog staan, nou staan ek in ouma Lien se kamer, al haar kinders het ook saam haar daar geslaap se hy.

Ek wonder waar het sy die porselein tee stelletjie gebere in die huis, die stelletjie wat nou in my kombuis staan, wat ek geerf het oor ek dieselfde aarbei rooi hare gekry het as sy.  Een maand na my geboorte sterf my ouma grootjie Carolina Hendrika Buitendag.  My ma het my altyd vertel dat ouma Kalie soos hul haar genoem het net gewag het om my te sien toe gaan sy oor na die na lewe.  

Dis stil by die grafte en 'n groot rustigheid kom oor my, ek voel uiteindelik ek hoort erens.  Ons besoek seker maklik 10 klein begrafplasies.  Ek le rose neer op al die grafte van my ouma grootjie se susters en broers.  Hul was elf kinders.  Een het in die Boere-oorlog gesterf en die res het elkeen 'n plaas gekry langs mekaar.  Die grafte praat met my, die volk wemel van blydskap oor ons besoek en soos ons weg ry sien ek hul dansend wuif en sing tot weer siens ons kinders.
 Ons lag ek en my oom, soos ons wegry,  ons is nou graf opspoorders.  Die rooi rose op die grafte vul die lug met 'n soet reuk en ek hunker na familie soos nooit tevore nie, ek smag na my kultuur en my taal, nooit weer sal ek vergeet wie ek is nie.

Die eerste Labuscaigne van my stamboom was Abram uit Frankryk, en het hier aangekom in die 1600.  Ek sal later meer informasie oor die stambome gee.

Tent 11 604

Begeesterd moeg en emosioneel, dis hoe ek vanoggend voel, dit is dag sewe van my stamboom navorsings projek. Dit trek als uit my uit, slaap is min en die Volk wil net praat.  Twee keer het ek vanoggend om die lusern sirkel gestap om te bedaar.  Die stamboom ontdekkings is soms oorweldigend, tussen datums, grafte, museums, name en stories probeer ek die waarheid aanmekaar vleg, dis 'n legkaart en ek voel soos 'n speurder.  Oproepe na my ouma in Natal, is nou 'n daaglikse ritueel.  Ouma wat was ouma se ouma se naam, waar het hul gewoon, was hul in konsentrasie kampe, watter jaar het jul in Kenya aangekom?  Vra wemel in my kop, soeke na antwoorde, en die kleinste leidraad lei tot 'n groot ontdekking.

Het Barend Christoffel Kruger ontdek, my ouma se ouma grootjie is opgekryf in die data basis van die konsentrasie kamp in Middelburg 1901-1902, hul was in van die plaas Kaalbron in Carolina.  In tent nr 11 604 vind ek die name van haar agt kinders ook, Joachim 10, Abram en Cornelia albei 9, Elsie 16, Wilhelmina 14, Gesina 9, Anna 8, Susanna 5, Christina 2.  Wie is haar man?  Ek soek nog, dit se net hy was op kommando.  Skok daal oor mens neer as mens besef dat jou voorouers, jou bloed ook na die grusame konsentrasie kampe  gesleep.  Die Boere-oorlog kry dan 'n heel nuwe perspektief en dit raak persoonlik.  Kokend probeer mens nou sin maak van die verlede. 

Waar kom die dorp Carolina se naam vandaan wonder ek nou?  dis ook 'n familienaam van my.
Die soektog duur voort, wie is ek en waar kom ek vandaan?  'n Soeke na die stories van my stambome.
http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/84121/Barend_Christoffel_Kruger/