Tuesday, January 4, 2011

Helende Zaar Dans en Musiek vanuit Noord Afrika na Suid Afrika

Die Mazaher Shamaan Groep in Cairo, foto geneem deur Lindie Lila Venter in Desember 2010 


Met my besoek aan Egipte besoek ons een aand  die Makan Kulturele sentrum in Cairo, om ‘n asemrowende belewenis soos nog nooit tevore te beleef deur die Mazaher Zaar trans musiek groep.

Ek sit reg onder die voete van ‘agt musikante.   Hul bespeel hand dromme, Egiptiese tamboeryne,  yslike finger simbale , hout fluit en ook die stem.  Die vrouens, sit kragtig soos Afrika mammas, en is almal geklee in Galabaja rokke ( lang traditionele Egiptiese volks rokke), kop doeke en groot ronde oorbelle. Hul oe is diep en vertoon siel en wysheid.  Dit is vertowerend van die eerste sekonde wat hul begin speel en sing.

Een vrou begin herhalend hipnoties dansend speel op vinger simbale, haar kop, nek en lyf beweeg ritmies van links na regs, herhalend en charismaties betowerend.  Haar energie rys op soos die van ‘n goue kobra, haar oe kyk diep in mens se siel en die heling en transformasie begin.  Geen een in die gehoor gaan onaangeraak deur die siels musiek ervaring nie.  

Nog ‘n vrou met ‘n pragtige deurskynende lap oor haar kop begin sing in Arabies in ‘n oer oue styl, en oortone word gehoor soos sy melodies ons op ‘n reis vat na ‘n  ander plek, ‘n ander tyd, erens spesiaals, en mens wil amper nie terugkom nie.  My lyf begin ritmies saam pols en ek wil net saam dans, en dis nie lank nie of hul nooi my om op te staan en te dans.  Die Zaar neem my oor, die hoofsanger sing en dan herhaal die res, 'n roep en antwoord tussen leier en groep, tussein siel en liggaam. Die tempo is stadig en hipnoties herhalend.  Ek voel hoe die musiek my los ruk uit my liggaam en my siel voel bevryd.  Diep in my voel ek 'n konneksie met ‘n oer oue self, 'n heler self, 'n shamaan, 'n Afrika self.

Ons dans en hul sang en musiek rys ons op na ander werelde.   Ek voel deel van die kultuur, die geskiedenis, amper soos ‘n afstammeling van ‘n vorige lewe in daardie wereld en in my word iets wakker, 'n behoefte om weer 'n heler danser en sanger te wees.
Nog mense dans nou saam en party begin huil, vasgedrukte emosies spoel hier en daar uit die gehoor soos klein tsunamies en die musiek maak heel waar woorde en dade nie kan nie.

Die hoofsanger gaan in ‘n trans en die hele groep word een.    Ons dans vir wie weet hoe lank, elke lied is ‘n geskenk aan my dorstige siel, en ek wil amper neerval en hul voete soen, om dankie te se.  Ek voel nederig as die musiek ophou, en ek smag na nog, maar ek moet terug keer na die realiteit van menswees.  Ek besef net weer hoe kragtig musiek en dans is en ek wonder hoe kan ek dit deel met my eie volk in Suid Afrika.

Die Mazaher Zar groep is die laaste van ‘n afstammeling van hul soort heler musikant trans dansers.
Die Zar dans het ek al van gehoor, maar dit is niks soos die veramerikaanse buikdans supersterre dit uit maak nie, dit is  aards, kragtig, helend, transformerend, liefde vol, lig  en onbeskryflik.  Daar is niks glansryk en vals daaraan nie.  Ek sal die ervaring veraltyd saam met my dra.
 Vir Heleings Zar dans sessies of lesse kontak Lila te lindielila@gmail.com

Monday, January 3, 2011

Ek ontdek Barend Christoffel Kruger my Groot Oupa Kruger


Ek het sopas die my oupa Groot Barend Christoffel Kruger ontdek op die internet, ek het skoon gebewe toe ek die stamboom ontdek.  Nie net het ek hom ontdek nie maar die hele stamboom geskiedenis terug tot by die 1ste Kruger in my familie.  Ek is so opgewonde ek kan uit my vel spring.  Ek het vir maande gewonder hoe my Kruger familie na Kenya getrek het,  wat het met hul gebeur in die konsentrasie kampe en nog baie meer.  Nou het ek meer van die legkaart bymekaar gesit en ek voel fantasties oor die ontdekking.  Ek weet nou meer van myself en wie ek is en dit laat my tuis voel in my vel, in my land en in my volk.  Dis nou bevestig ek het ook Duitse bloed. Baie interessant om te ontdek dat ek ook Venter bloed het, mmm miskien is ek en my man ook familie, dit sal nou 'n ding wees, maar ons sal maar moet sien hoe die storie uitwerk.  Wat 'n avontuur is die nie.  
My ouma, Babs Erasmus-Olivier-Kruger ( steeds lewendig in Natal) het my telke male die laaste maande met my diep ondersoek soveel vertel as sy kon van Barend Christoffel Kruger.  Vandag is my oupa Erasmus ( 86) baie siek en ons hoop hy kan weer versterk.  Hy is ook uit Kenya en ek soek nog hard aan sy stamboom.  Ek bid dat die Engele hom en my ouma deur die tyd veilig bewaar en versorg.  Toe ek haar nou nou bel en die nuus vir haar vertel was sy bly, maar in skok oor my oupa wat agteruit gaan by die sekonde.  Ek is so lief vir my voorvaders en moeders en ons is geseend dat ons nog 'n ouma en oupa saam kan he.  Maar ek weet dat die tyd aanstap en nader kom, en dit laat my diep in my hart net my stamouers meer eer en dankbaar wees vir die geskenk van die lewe aan my, en dit wat hul moes deurgaan vir ons om vandag te wees wat ons is, Afrikaners!  

Hier volg 'n direkte afdruk van die storie, ek sal later die skrywer se naam bysit as ek dit ontdek het.

Barend Christoffel Kruger.  
Gebore op 27 Februarie 1861 te Wakkerstroom en ook blykbaar daar gedoop (datum onbekend) in die N.G. Kerk - dus die 1e gebore Transvaler.
Getroud met Gesiena Cornelia Petronella Adriana Korff - datum onbekend, maar hul oudste kind is op 20 Maart 1885 gebore. Ouma Korff was van die bekende Korff familie wat destyd almal op Windhoek (tusen Dullstroom en Tondeldoos) geboer het waar hulle groot plase besit het - daar woon vandag nog baie Korffs in die Windhoek-Dullstroom-Lydenburg kontrei.
Hulle het lank op die plaas Kaalbooi in die Machadodorp (of Carolina ?) distrik geboer, en in dieselfde tyd het Oupa Barend ook met tye transport gery met wa en osse. Hy was glo 'n kranige vioolspeler.
Hy was 'n bittereinder in die Anglo-Boere Oorlog, waartydens sy plaas afgebrand en verwoes is deur die Engelse en sy vrou en kinders na die konsentrasiekamp op Middelburg (Tvl) geneem is, waar minstens 2 dogtertjies oorlede is - een dag namekaar en saam in een graffie begrawe is.
Na die oorlog moes hy swaar sukkel (hy het maar net 2 jong seuntjies gehad) om weer aan die gang te kom en het later (vermoedelik ongeveer 1912-1914) sak en pak na Kenia (toe bekend as Brits-Oos-Afrika) verhuis per ossewa na Lourenco Marques (tans Maputo), en vandaar met wa en osse en al per skip na Mombasa, en daarvandaan weer per ossewa die binneland in tot by Eldoret. Al sy dogters is saam, behalwe die oudste wat toe reeds getroud was, en die 2 seuns wat hier allerlei werk (o.a as stokers op die Spoorweë te Watervalboven) gedoen het. Sy tweede seun, Oupa Abraham Johannes, het hom later omstreeks 1915/16 gevolg.
Hy is op 59-jarige ouderdom (d.w.s. ±1920) oorlede aan malaria terwyl hy en genoemde seun Abraham op 'n transport-tog in die (destyds ongerepte) binneland van Kenia was, per wa en osse. Dit het Oupa Abraham glo 2-3 dae geneem om sy oorskot (met die osse deurentyd op 'n stywe draf) by die huis te kry vir die begrafnis - hy kon darem 'n boodskap voouruit stuur om die familie te laat weet (Ouma Gesiena is op haar 59e verjaarsdag oorlede, ook in Kenia).
Hulle het 12 kinders gehad - 3 seuns (waarvan die jongste, wat na Oupa Barend vernoem is, op 6 weke ouderdom oorlede is) en 9 dogters, en dan nog 'n aangenome seun en 'n verdere seun en dogter (al 3 lg. was gebore Venter) wat moontlik net pleeg- of voogkinders was, alhoewel Oupa hulle name ook voor in sy familiebybel aangeteken het saam met die van sy eie natuurlike kinders. 'n Interessante feit is dat nadat die seuntjie wat sy naam gedra het klein oorlede is, hy klaarblykblik dolgraag nog 'n seun wou hê om weer sy naam verder te dra , maar die volgende 6 was almal dogters waarvan hy die laaste een (gebore 22 Julie 1906, toe Oupa reeds 45 was) toe maar sy name gegee het aangesien hy seker gemeen (of geweet) het dat daar nie nog 'n kind kan wees nie - dit demonstreer hoe gesteld die oumense daarop was om familiename te laat voortleef - in hierde verband is dit ook interessant om daarop te let dat vanaf Oupa Johannes Christiaan (A4 B7) tot by Oupa Abraham ons besondere geslag telkens afstam van die tweede seun, en aangesien dit tradisie was dat die tweede seun altyd na sy oupa aan moederskant vernoem is (die 3e seun kry altyd sy Pa se naam), het die oorspronklike stamname (veral Johannes Christiaan en Jan Adriaan) alreeds verdwyn het in ons stamlyn.
Oupa Barend en Ouma Gesiena se 12 eie kinders is gebore tussen 20 Maart 1885 en 22 Julie 1906 en was in die volgende volgorde: 2 dogters - 2 seuns - dogter - seun, en toe nog 6 dogters. Die eerste voog (? kan pleeg of aangenome wees) dogter gee hy aan as Suzana Caterina Venter "gebore Britz", gebore 24 September 1888, en die twee seuns as Johannes Jacobus Venter, gebore 29 Julie 1906 en Jan Adriaan Venter, gebore 25 Januarie 1911 - dit lyk dus moontlik dat eg. (Suzana) reeds 'n jong weduwee was toe hulle haar "aangeneem" het, en dat die 2 seuns moontlik haar kinders was - hy het egter net vir Jan Adriaan in sy Bybel aangemerk as "aangeneem op 18 dagen ouderdom". Na Oupa Barend Christoffel se dood het Jan Adriaan verder by Oupa Abraham (vir wie hy "Boetie" genoem het), grootgeword, en saam met hom teruggekom het na SA ( hy is ± 1970) oorlede in 'n motorongeluk).